• Bome

    "… Hulle sal genoem word: Bome van Redding.
    Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder."
    Jesaja 61:1-3

  • Herder

    "Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder;
    Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra;
    die lammerooie sal Hy saggies lei."
    Jesaja 40:11

  • Berge

    "Maar julle, berge van Israel, moet sorg dat daar bome met takke en vrugte is vir my volk Israel, hulle terugkoms is naby.
    Ek sal na julle omsien en vir julle sorg;
    julle sal bewerk en beplant word."
    Esegiël 37:8 – 9

  • Stroom

    "Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie.
    Hulle sal elke maand dra, want
    die stroom se water kom uit die heiligdom.
    Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring."
    Esegiël 47:12

'n Liefde vir lees

Blombos Uitgewers bied Afrikaanse leesstof vir die vroeë ontwikkelingsfases. Kweek 'n liefde vir lees en skep 'n omgewing waar hierdie liefde kan groei!

Lees meer »

Lewende woorde

By Blombos fokus ons daarop om eenvoudige lewenswaardes in die Bybel raak te sien en toe te pas. Opbouende teks en Bybel-gebasseerde boodskappe vul ons met hoop.

Lees meer »

Lekkerte

Hoe heilsaam is dit as die jongspan hulself heelhartig in 'n opbouende storie kan inleef. Blombos deel graag in die vryheid en kinderlikheid wat Jesus vir ons bring!

Lees meer »

Nou beskikbaar!

Blombos Uitgewers stel Christelike Afrikaanse leesstof aan uitgesoekte instansies beskikbaar. Vind uit hoe om van ons leesprogramme te bekom of om verdere bestellings te plaas.

Blombos Uitgewers

Blombos Uitgewers publiseer kinderboekies wat Christelike waardes onderskryf en as opvoedkundig geklassifiseer kan word. Ons roeping om te publiseer kom uit Ps 68:11 (AMPC-vertaling) "The Lord gives the word [of power]; the women who bear and publish [the news] are a great host." Die naam Blombos is afgelei van die naam Blombush (metalasia muricata), ‘n fynbosblommetjie wat op die Kaapse berge en teen die Kaapse kus groei.

Blombos Uitgewers het haar naam ontvang tydens ‘n besoek aan Heaven’s View, McGregor, waar hierdie blommetjie kiertsregop vanuit ‘n soliede stuk rots op die kruin van die berg gegroei het. Dié blommetjie, wat soos heuning ruik, is gehard en kan wind en ryp weerstaan. Dit is een van die eerste plantjies wat na ‘n veldbrand kop uitsteek om aan ander plantjies beskutting te verleen. Tuinboudeskundiges plant hierdie plantjie in sanderige tuine aan en beskou dit as ‘n pionier-plant omdat dit ‘n heining vorm waarbinne ander plantjies kan groei.

Blombos Uitgewers se hart is om as arbeiders in die oesland die Koninkryk van Jesus Christus uit te brei.


Blombos Uitgewers
Blombossie en Boetie se Boekie oor Bome

Blombossie & Boetie

BLOMBOSSIE en BOETIE is ‘n dagstukkie-reeks / geskenkboekie en is gemik op kinders tussen die ouderdomme 5 – 9 jaar.

Elke boekie bevat rympies / gedagtes wat denke stimuleer en ouer-kind gespreksmomente skep. Die boekies word saam met die Bybel gebruik en die waarheid word op ‘n unieke en vars manier gedeel. Die jong kind word ook blootgestel aan ons pragtige Afrikaanse taalskat. Die allerfraaiste handgetekende illustrasies vergesel elke rympie / gedagte.

Brinkie

Brinkie is ‘n storiereeks wat afspeel op ‘n plaas en kan as voorleesstories sowel as leeslessies gebruik word. Hierdie reeks is geskik vir die grondslagfase en kan as luister-, lees-, begrip-, spel-, verryking- en toepassingsoefening voorgehou word.

Die leerder / leser word deur Brinkie se wedervaringe genoop om in die alledaagse handel en wandel leermomente raak te sien. Die kind se woordeskat word uitgebrei en goeie taalgebruik word aangemoedig. Die Skrif vorm die sentrale tema van elke storie.