• Bome

    "… Hulle sal genoem word: Bome van Redding.
    Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder."
    Jesaja 61:1-3

  • Herder

    "Hy sal sy kudde laat wei soos ‘n herder;
    Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra;
    die lammerooie sal Hy saggies lei."
    Jesaja 40:11

  • Berge

    "Maar julle, berge van Israel, moet sorg dat daar bome met takke en vrugte is vir my volk Israel, hulle terugkoms is naby.
    Ek sal na julle omsien en vir julle sorg;
    julle sal bewerk en beplant word."
    Esegiël 37:8 – 9

  • Stroom

    "Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie.
    Hulle sal elke maand dra, want
    die stroom se water kom uit die heiligdom.
    Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring."
    Esegiël 47:12

'n Liefde vir lees

Blombos Uitgewers bied Afrikaanse leesstof vir die vroeë ontwikkelingsfases. Kweek 'n liefde vir lees en skep 'n omgewing waar hierdie liefde kan groei!

Lees meer »

Lewende woorde

By Blombos fokus ons daarop om eenvoudige lewenswaardes in die Bybel raak te sien en toe te pas. Opbouende teks en Bybel-gebasseerde boodskappe vul ons met hoop.

Lees meer »

Lekkerte

Hoe heilsaam is dit as die jongspan hulself heelhartig in 'n opbouende storie kan inleef. Blombos deel graag in die vryheid en kinderlikheid wat Jesus vir ons bring!

Lees meer »

Nou beskikbaar!

Blombos Uitgewers stel Christelike Afrikaanse leesstof aan uitgesoekte instansies beskikbaar. Vind uit hoe om van ons leesprogramme te bekom of om verdere bestellings te plaas.

Nuwe Boeke

Aangeneem tot kinders

’n Gebedsboekie wat die evangelie van Jesus Christus in eenvoudige taal uitbeeld. Geskik vir laerskoolkinders wat reeds goed lees.

Aangeneem tot kinders
Alles wat lewe, loof die Here!

Alles wat lewe,
loof die Here!

Rympies en prentjies vir kosbare klein mensies oor diere en hulle maniere, en oor die Here wat alles gemaak het.

Blombos Uitgewers

Blombos Uitgewers publiseer Afrikaanse kinderboeke wat as christelik en opvoedkundig geklassifiseer kan word. Ons roeping om te publiseer kom uit Ps. 68:11 (AMPC-vertaling) "The Lord gives the word [of power]; the women who bear and publish [the news] are a great host."

Die naam Blombos is afgelei van Blombush (metalasia muricata) - ’n fynbosblom eie aan die Kaap. Blombos Uitgewers het haar naam ontvang tydens ’n besoek aan Heaven's View, McGregor, waar hierdie blommetjie kiertsregop vanuit ’n rots op die kruin van die berg gegroei het. Dit ruik soos heuning, is gehard en kan wind weerstaan. Dit is een van die eerste plante wat na ’n veldbrand kop uitsteek om aan ander plantjies beskutting te verleen. Tuinboukundiges plant dit in sanderige tuine omdat dit ’n heining vorm waarbinne ander plante kan groei.

Blombos Uitgewers se hartklop is gebed. Ons boeke kom nie in ’n koninklike gewaad nie, maar wel in die gedaante van ’n kneg. Ons arbei in die oesland vanuit ’n diepe dankbaarheid en met die grootste vreugde.


Blombos Uitgewers

Brawie Beer hou koers

Brawie Beer se lewe is nie aldag maklik nie, tog het hy ‘n lied in sy hart. Sy tweelingbroer, Brom, vind fout met alles wat hy doen en beproef sy geduld. Daarby staar hy ‘n moeilike situasie by die werk in die gesig.

Sal hy dit waag om Meneer Roos, die eienaar van die visdepot, met sy lewe te vertrou? En is dit regtig moontlik om die kwaad met die goeie te oorwin? ‘n Kosbare verhaaltjie oor bere en brille, en die liefde wat blindes laat sien.

Brawie Beer hou koers
Blombossie en Boetie se Boekie oor Bome

Blombossie & Boetie

BLOMBOSSIE en BOETIE is ‘n dagstukkie-reeks / geskenkboekie en is gemik op kinders tussen die ouderdomme 5 – 9 jaar.

Blombossie en Boetie is ’n glans geskenkboekie wat kreatiewe denke stimuleer en ouer-kind gespreksmomente skep. Dit bevat rympies wat die leser blootstel aan ons pragtige Afrikaanse taalskat. Elke versie word vergesel deur ’n allerfraaie handgetekende illustrasie.

Brinkie

’n Storiereeks wat afspeel op ’n plaas en die leser aanmoedig om in die alledaagse handel en wandel leermomente raak te sien. Geskik vir die grondslagfase en kan gebruik word as luister-, lees-, begrip-, spel-, verryking- en toepassingsoefening.

Die leerder / leser word deur Brinkie se wedervaringe genoop om in die alledaagse handel en wandel leermomente raak te sien. Die kind se woordeskat word uitgebrei en goeie taalgebruik word aangemoedig. Die Skrif vorm die sentrale tema van elke storie.

Brinkie kry vlerke en ander stories